Langeberg Busdiens

Langeberg Busdiens LANGEBERG mini - bus SERVICE is the name you will think of when it comes to travel.

23/04/2026

Langeberg Busdiens Matriekbaai 2026 # bookings are open # contact us on 0794933838 / 0605589965

23/04/2026

Langeberg Busdiens

14/03/2026
18/08/2024

Matrieks veilige vervoer na Mosselbaai en Plettenbergbaai Langeberg busdiens 0794933838

07/08/2024

Some mathematics in a landscape photo; shot yesterday morning in the Rûens, West of Napier/Klipdale in the Overberg district in the Western Cape, South Africa.

This is one of three photos of me that will be exhibited in the Los Angeles Center of Art in the USA in September and October,

07/08/2024

Hallo aan my nuutste volgers! Opgewonde om julle aan boord te hê! Monica Durr, Melanie Pelser

30/05/2024

(Het gister, op stemdag, weer gedink aan die tyd van die Natte en die Sappe. Lank gelede. Die ondersteuners van die Nasionale Party en die Suid-Afrikaanse Party. Baie stories kan daaroor vertel word, weer ek. Ek was nog jonk. Het net vae herinneringe daarvan.)

OMSONSWES

Oom Jors was anders as die ander ooms op ons dorp. Hy was nie Nasionaal nie. Hy was ’n Sap.
Al was ek maar vyf of ses jaar oud het ek geweet hy is ’n Sap.
Eens op ’n tyd het selfs die kinders geweet wie is Natte en wie is Sappe. Die Natte het gewoonlik met Ford-karre gery, en die Sappe met Chev’s. Of was dit nou andersom?
Almal het ook geweet ’n Sap kan nie ’n Rapportryer wees, op die skoolkomitee dien, of die hoofouderling word nie.
Oom Jors en sy vrou, tannie Johanna, het nie dikwels op die dorp gekom nie. Hulle was die meeste van die tyd op hul plaas Omsonswes in die distrik.
Party Sondae het hulle kerk toe gekom in oom Jors se bleekgeel Chev Fleetline-bakkie. Agterop was gewoonlik ’n 44 gallon-drom. Daar was ook altyd ’n streepsak met ’n karpomp in, wat aan die bakkie se tralies vasgemaak was.
Dikwels het oom Jors- hulle direk na die kerkdiens terug plaas toe gery.
Miskien is dit omdat Pa die predikant was, maar een keer het hy oom Jors-hulle genooi by ons te kom koffie drink, al was hulle Sappe. Miskien was dit omdat Pa ook so half eenkant was, maar hy het van oom Jors gehou. Hy en oom Jors het vriende geword.
Oom Jors het Pa genooi om by hom te gaan jag. Ek is saam plaas toe, ver uit die dorp uit, op die Makalani-vlakte. By oom Jors se hek het ’n bordjie aan ’n droë hardkoolboom se tak gehang: “George Ströh. Omsonswes”.
Oom Jors het in die Tweede Wêreldoorlog geveg, het Pa gesê. Oom Jors was by die Slag van Monte Casino. In Italië. Teen die Duitsers.
Ons het daarna nog baie keer by oom Jors-hulle op die plaas gaan kuier. Soms het Pa sy .303 gevat en die veld in gestap om koedoes te gaan soek, maar oom Jors het nooit saam gestap nie. Pa het gesê oom Jors hou nie daarvan om te skiet nie.
In oom Jors-hulle se huis was geen teken dat hy in die oorlog geveg het nie: Nêrens het ’n militêre sertifikaat of ’n medalje of ’n foto van oom Jors in ’n uniform gehang nie.
Ek het oom Jors net een keer iets oor Die Oorlog hoor sê. Die grootmense het die aand ná été by die tafel in die kombuis bly sit, en gepraat, en gepraat. Ook oor die politiek. Ons eie politiek. Ek het nie mooi verstaan waaroor alles gaan nie. Die grootmense se stemme het al driftiger geword. Later het oom Jors opgestaan, gangaf verdwyn en ’n rukkie later teruggekom, met ’n swart-en-wit kiekie in die hand. Op die kiekie was ’n panserkar, en op die panserkar het ’n klomp jong soldate gesit. Een van die soldate het ’n hondjie vasgehou – ’n hondjie wat soos ’n langbeen-foksie gelyk het.
Daardie hondjie, het oom Jors vertel, het hulle altyd gewaarsku wanneer die Duitsers se bomwerpers op pad is. Nog voor hulle die bomwerpers kon hoor of sien, het die hondjie begin bewe en tjank.
Daarna het die grootmense se stemme by die tafel kalmer geraak.
Oor die jare heen het ek al ander ooms soos oom Jors teëgekom. Ooms wat in ’44 se oorlog in Italië of die Noorde geveg het, maar wat nie daaroor praat nie. Ooms wat Sappe was en nie aan die Rapportryers kon behoort, en ook nie welkom was in party huise op ’n Sondagoggend ná kerk nie.
Kort voor Pa se dood, het ek en hy weer oor oom Jors gesels.
“Weet jy wat beteken Omsonswes?” het Pa gevra.
“Nee, Pa. Wat?”
“Dit beteken alles tevergeefs.”

23/05/2024

Hallo aan my nuutste volgers! Opgewonde om julle aan boord te hê! Annelize Swart, Ashley Taljaard, Gerda Marais

Address

S54B, Langeberg Mall, Louis Fourie Street
Mossel Bay
6520

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Langeberg Busdiens posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Langeberg Busdiens:

Share